Vorentoe Kampeerterrein

Waarom kamp by Laerskool Vorentoe?
- 24 uur sekuriteit en toegangbeheer
- Splinternuwe moderne ablusie fasiliteite
- Stap afstand vanaf winkels, apteek, restaurante, koffiewinkels, kerke, gimnasium, kroeg, viswater, muurbal- en tennisbane
- 3km vanaf die naaste strand

Kontakbesonderhede:
vorentoecamping@gmail.com / 044 6202211

Brokkie Kategoriee

Laerskool Vorentoe Primary sedert 1983 (Dubbelmedium)

Uit die hoof se kantoor

IMG_5703

Boodskap van Mr Theron

 

“ Hoog teen ’n Groot-Brak randjie staan ons skoolgebou,

Waar kinders ywerig aan hul toekoms bou”

Die woorde uit ons skoollied vat,  dit waarvoor Laerskool Vorentoe staan , mooi  saam. Dit is ’n baie spesiale skool waar kinders in ’n veilige geborge omgewing nog kinders kan wees, kan leer, speel en presteer.

’n Klein skooltjie waar elke leerling deel van ’n familie is. Ons lê sterk klem op waardes en goeie karaktereienskappe . Daar is ’n goeie balans tussen akademie, sport en kultuur en Vorentoe staan vir geen skool terug nie. Ons beskik oor bekwame en gemotiveerde onderwysers.

Ek nooi u hartlik uit om Laerskool Vorentoe in Groot-Brakrivier, een van die mooiste dorpies in ons land, te besoek en ’n ingeligte keuse te maak.

Schalk Theron

Skoolhoof

  • No upcoming events
AEC v1.0.4