Vorentoe Kampeerterrein

Waarom kamp by Laerskool Vorentoe?
- 24 uur sekuriteit en toegangbeheer
- Splinternuwe moderne ablusie fasiliteite
- Stap afstand vanaf winkels, apteek, restaurante, koffiewinkels, kerke, gimnasium, kroeg, viswater, muurbal- en tennisbane
- 3km vanaf die naaste strand

Kontakbesonderhede:
vorentoecamping@gmail.com / 044 6202211

Brokkie Kategoriee

Laerskool Vorentoe Primary sedert 1983 (Dubbelmedium)

Welkom by Laerskool Vorentoe

Laerskool Vorentoe is ‘n skool waar kinders welkom is; ‘n skool waar elke kind erken word as ‘n unieke persoon, waar kind wees verstaan word. Ons moenie verwag dat kinders altyd “reg” optree nie, hulle is nog op pad na ‘n eie waardestelsel. Kinders het ondersteuning en hulp nodig. Hierdie feit regverdig die skool se bestaan.

Ons wil graag sien dat elke kind ‘n borrelende brokkie sal wees wat ‘n goeie balans handhaaf tussen akademie, sport en kultuur. Vaardighede en kennis wat bereik wil word, is vergelyk met ander belanghebbende instansies en kundiges. U kan met groot vertroue aanvaar dat u kind blootgestel gaan word aan kwaliteit onderrig.

  • No upcoming events
AEC v1.0.4